top of page
< Back

Mel die Storieverteller - Internet Senasie

Mel die Storieverteller Pty Ltd

26th September 2026

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.  


Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.


Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!


Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl

Ouderdomsbeperking: Geen onder 13’s 


Venue: Masque Theatre 


Adres: 37 Main Rd, Muizenberg, Cape Town, 7945


Kaartjieprys: R220pp


Deure open: 18:30


Vertoning begin: 19:30

  • Facebook
  • Instagram
  • Whatsapp

© The Masque 2026

37 Main Road, Muizenberg, 7945
manager@themasque.co.za

bottom of page